Pages

20111110

Afrikaner poor denied food-aid: Red Cross Brakpan

AFRIKANER POOR DENIED FOOD-AID BY FOOD-STRAPPED RED CROSS BRAKPAN

This poor white South-African woman aged 63 was sitting and crying on the sidewalk after being told that the Red cross in Brakpan South-Africa has to drastically cut back their food aid and can now only feed 547 people every second Tuesday of the week, down from over a thousand. Their next food-aid day is December 2 2011 at Derby Avenue, Brakpan. The next day the hungry poor will get a bite to eat from the Red Cross in Brakpan will be on January 10 2012.

 This woman says she goes from house to house begging for a little food but most people chase her away.. what a bleak bleak Christmas this will be for the many hundreds of thousands of poor Afrikaners in similar situation to her as in Brakpan: this is only one town in Gauteng where food-aid is being cut back.

AFRIKANER POOR WOMAN 65 DENIED FOODAID BY RED CROSS BRAKPAN NOV92011

 

Afrikaans article: by Thelma Koorts  - Arm Afrikaners kry kos elke tweede week van Rooi Kruis

9 November 2011 – BRAKPAN -- Dié 63-jarige vrou het moedeloos op die sypaadjie sit en huil nadat die Rooikruis van Brakpan noodgedwonge die aantal behoeftige mense wat elke tweede week kos ontvang met meer as die helfte sny, aangesien daar doodeenvoudig nie genoeg voedsel is om aan almal te voorsien nie.
     Selfs met hierdie drastiese stap funksioneer die voedingskema steeds onder groot druk en is daar nie veel hoop om voor Kersfees vir die mense ordentlike kospakkies uit te deel nie.
    Carol Campbell, van die Brakpan Rooikruis, het aan die Herald gesê dat die voedingskema tot onlangs toe elke tweede Dinsdag van die maand 1,258 mense van kos voorsien het.
"   Ons het geen ander keuse gehad as om dit tot 547 mense te sny nie, maar ons sukkel steeds om kop bo water te hou," het Campbell gesê. "Met Kersfees om die draai is die nood soveel groter en ons kan nie anders as om 'n groot beroep op die publiek en besighede te maak om ons te help nie," het sy bygevoeg.
     Baie van die mense is totaal afhanklik van die kos wat hulle elke tweede Dinsdag van die voedingskema ontvang.Met die Herald se besoek, Dinsdagoggend, het 'n lang ry mense geduldig gestaan en wag vir die bietjie voedsel wat beskikbaar was. Vroue met jong kinders en talle bejaardes het op die sypaadjie gesit en moedeloos voor hulle gestaar.
'     n 63-Jarige (Afrikaner) vrou in verslete klere het gesê dat sy baie, baie dankbaar is vir die kos wat sy elke tweede week ontvang.
"Ek kry regtig swaar; die lewe is moeilik," het sy vertel.  "Ek bly in 'n kamer waarvoor ek moet betaal en soms is daar net geen geld vir kos nie."

     Sy het ook vertel dat sy uit desperaatheid van huis tot huis loop en vir kos vra."Soms gee die mense, maar meeste van hulle jaag my weg," het sy gesê.

ROOIKRUIS; LAASTE VOEDINGSDAG IS 0P 20 DESEMBER – DAARNA EERS WEER IN 10 JANUARIE 2011
"Ons laaste voedingsdag is op 20 Desember en op dié dag sal ons graag vir die mense kospakkies wil gee wat hulle deur die feestyd sal kan help," het Campbell gesê. Mense sal eers weer op die 10de Januarie kan aanmeld vir kospakkies.
Die Rooikruis is in Derbylaan geleë.
Persone wat meer inligting verlang kan 011 740-0074 skakel.:
http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/brakpan/brakpan-news-general?oid=4840998&sn=Detail&pid=490015&-Kersfees-sonder-kos-wag-vir-vele

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.