Pages

20110520

Volksraad Verkiesings Kommissie inligting

Nominasies vir kandidate tot dusver:
http://www.vvk.co.za/99941/index.html

Indien u wil vasstel of u geregistreer is, sms VVK gevolg deur u ID-nommer na 35180 en die kantoor sal spoedig na u terugkom. (Sms kos R3)

VOLKSRAADVERKIESINGSKOMMISSIELOGO

Waarom die VVK?

Die VVK is besig om ‘n verkiesing onder ons eie volk te fasiliteer. ‘n Verkiesing -

1. wat gaan bewys dat ons sin vir vryheid en reg lewender is as ooit;
2. wat drogredenasies, soos dat “ons nie kan saamstaan nie en nie leiers het nie” gaan ontmasker;
3. wat volksgenote bymekaar gaan bring wat bymekaar hoort;
4. wat ons rondom die enkele gemeenskaplike ideaal van selfbeskikking gaan versamel sonder dat ons verstrengel raak in onenigheid van “waar en hoe” nog voordat sulke kwessies werklik eers ter sprake is;
5. wat ons politieke tradisie van volksoewereiniteit gaan laat herleef.

Hierdie laaste aspek, die herlewing van volksoewereiniteit, moet goed begryp word - want met ons neerlaag in die Tweede Vryheidsoorlog op 31 Mei 1902, het ons ook die beginsel van volksoewereiniteit verloor -- en dit was die begin van ons knegskap van vandag.

In ons Vrye Republieke het daar geen politieke partye bestaan nie:

In ons vrye Republieke het daar geen politieke partye bestaan nie. Sedert 1902 is ons verstrengel in die Britse parlementêre stelsel van politieke partye, party-willekeur en ‘n volk wat in ewigdurende vyandige kampe verdeel word deur beroepspolitici. Met die VVK-inisiatief het daardie noodlottige era van party-politiek verbygegaan. Want enige lid van die volk wat as kieser op die VVK-kiesersrol geregistreer is, sal die reg hê om Volksraadslede te nomineer.
Volksraad-kandidate sal in persoonlike hoedanigheid verkies word en NIE as een of ander “grootkop” van een of ander politieke party nie. Daarbenewens sal Volksraadslede wat die selfbeskikkingstrewe op enige stadium mag ondergrawe, demokraties uit hulle posisies verwyder kan word sodra ‘n mosie van wantroue op ‘n volksvergadering aangeneem mag word en sonder dat hulle eers ‘n “termyn” moet uitdien waarin hulle skade op skade kan aanrig.

Lees meer : (also in English): http://www.vvk.co.za/8927.html

kontak:
http://www.vvk.co.za/8969.html

Soek u SA kiesdistrik: kliek :
 VOLKSRAAD VERKIESINGS KOMMISSIE LANDKAART

http://www.vvk.co.za/8948/index.html

Diaspora:
Australie:
http://www.vvk.co.za/8948/41698.html
België: http://www.vvk.co.za/8948/73370.html
Brittanje en Ierland: http://www.vvk.co.za/8948/41677.html
Duitsland: http://www.vvk.co.za/8948/140241.html
Kenia: http://www.vvk.co.za/8948/77951.html
Paraguay: http://www.vvk.co.za/8948/41740.html
SuidWesAfrika: http://www.vvk.co.za/8948/77930.html
VSA: http://www.vvk.co.za/8948/41719.html
Zimbabwe: http://www.vvk.co.za/8948/77972.html

Skenkings:
1. Debietformulier: laai af:
http://www.vvk.co.za/pdf/7_debietorder.pdf

2. Bank Besonderhede
Instansie: Standard Bank
Rek naam: Volksraad Verkiesing Kommissie
Rek no: 01 828 954 1
Tak: Lynnwoodrif
Takkode: 01-24-45

Ons wil graag van u hoor. Enige vrae of terugvoering word vriendelik verwelkom!

Kantoor: 012 803 0712
Faks: 086 586 1354
E-pos Adres: vvkinligting@gmail.com
Posadres: 35133 Menlopark, 0102
Kantoor ure 08h00 tot 16h00 Maandag tot Vrydag

VVK DAGBESTUUR (3 lede, dien ook op sentrale komitee):
VOLKSRAADVERKIESINGSKOMMISSIE SAMEROEPERS Paul Kruger (Voorsitter): 0822670364
http://www.vvk.co.za/15101/15122.html
Tim van der Westhuizen (Adjunk-voorsitter): 0828250123 http://www.vvk.co.za/15101/15143.html
Hannes van der Merwe: 0823345908 http://www.vvk.co.za/15101/15206.html
----------------------------
Verder dien ook op die sentrale komitee:
Danie Pretorius
http://www.vvk.co.za/15101/15185.html
Ivan Martens http://www.vvk.co.za/15101/15227.html
Willie Steenkamp http://www.vvk.co.za/15101/61430.html
Albert du Toit http://www.vvk.co.za/15101/128941.html

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.