Pages

20100504

2010-01-2010 Dirk Human, 37, murdered, Mooiplaats smallholding

 

 Funeral for murdered dad, Wednesday May 5, 11am Lewende Woord church, Brummeria, Pretoria

 

Hilde Fourie Beeld -- ‘Ek hoop Pappa is gelukkig waar Pappa nou is en dat Pappa lekker warm sal slaap.”Dis hoe klein Dirk Human (8) eergisteraand vir sy vermoorde pa, ook Dirk (40), gebid het.Klein Dirk het die aand ná die moord bekommerd vir sy ma gesê hy weet nie wat sy pa se selfoonnommer is nie en dat hy hom wil bel.

Toe sy ma, mev. Youlanda Human (37), vir hom sê hy kan sy pa nie bel nie, het hy gevra of hy sy pa kan “bidbel”. Hulle het toe gebid. Sy het eergistermiddag toe Dirk van die skool af kom vir hom van sy pa se dood gesê.

“Ek het vir Dirk gesê diewe het in die huis ingekom en dat sy pa baie seergekry het, so seer dat hy hemel toe is en nie gaan terugkom nie,” het mev. Human gister vertel. “Hy het my later gevra of sy pappa ook in sy hart is soos wat Jesus in sy hart is.”

Kort nadat sy Dirk omstreeks 07:30 by die skool afgelaai het, het mev. Human teruggejaag na hul huis op ’n kleinhoewe in Mooiplaats, in die ooste van Pretoria. Dit was nadat haar huiswerker se man haar gebel en gesê het daar is “tsotsi’s” in die huis.Toe sy by die huis kom, was lede van die plaaslike buurtwag en paramedici reeds daar. Die paramedici het gespook om mnr. Human se lewe te red.

Hy is erg aangerand nadat ’n onbekende aantal misdadigers hom en die huiswerker, mev. Lettie Lebina, in die huis oorval het. Lebina is in ’n kamer toegesluit terwyl die misdadigers Human aangerand en vermoedelik met ’n skerp voorwerp in die gesig gesteek het.

’n Aantal skote is geskiet tydens ’n struweling wat tussen Human en die misdadigers ontstaan het, maar dit is nie bekend of Human getref is nie. Die egpaar se jongste seuntjie, Jake (2), het rustig in sy bababedjie gesit terwyl die misdadigers sy pa aangerand het.Terwyl die paramedici met haar man besig was, het mev. Human sy hand vasgehou, met hom gepraat en vir hom gebid. Hy is omstreeks 08:20 dood verklaar.Terwyl sy sy hand vasgehou het, het sy net gedink hy kan nie nou al doodgaan nie, want hy het ’n paar maande gelede ’n pad met God begin stap en sy het geglo hy het nog werk op aarde om te doen. “Ek het so gehoop dat daar net ’n hartklop of iets moet wees, want hy het soveel om voor te lewe. Ek sien nou nog sy gesig voor my, hoe hy daar gelê het. Ek voel sy bloed in my hande.”Human sal Woensdag om 11:00 vanuit die Lewende Woord-kerk in Brummeria, Pretoria, begrawe word.http://longwalksincefreedom.blogspot.com/2010/05/by-hilde-fourie-ek-hoop-pappa-is.html

image

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.