Pages

20091205

Private detective Kevin Trytsman shot dead, Bedfordview

Kevin Trytsman, 50, controversial TRC-witness, shot dead at Bedfordview attorney office

2009-12-05

    Pprivate detective, Kevin Trytsman, who had received amnesty from the Truth and Reconciliation Commission after testifying he’d had access to a secret arms-cache as an Umkhonto-we-Sizwe operative during apartheid and had ‘become friendly’ with two members of the apartheid-era death squad CCB, was shot deadwith two gunshots in an attorney’s office in Bedfordview yesterday.

    Picture by Wolfram Zwecker, Beeld journalist: the body of Kevin Trytsman is carried from attorney George Michaelides’ office in Bedfordview

    Zwecker reports that Trytsman and attorney George Michaelides had a heated argument and that this ‘led to Trytsman being shot dead with two shots to the chest’.

    He quotes Police inspector Roelene Marais as saying that the two men met shortly before 7am in the attorney’s office on the eighth floor of the Bedford Centre on the corner of Kirkby- and Smith Road in Bedfordview. “It is unclear as to what happened, but Trytsman was shot dead and Michaelides is in police custody and expected to appear Monday-morning at the Germiston magistrate’s court,’ Zwecker writes.

    Apparently the two men had also met each other earlier before the incident at a coffee-bar near the office, during which a verbal row broke out between the two men – and security guards had to intervene to stop them from mauling each other. Trytsman and Michaelides then apparently arranged to meet at his office at 7am but Trytsman already stood waiting at his office at 6:40am.

    His body was only removed at around 2pm from the office of the attorney after forensic experts carried out a reconstruction of the exact event.

    Trytsman worked as a private investigator and debt-collector. He became known in South Africa because of his claimed connections with the Civil Cooperation Bureau, a purported hit-squad of the now defunct apartheid-era security agency Boss. He had testified about his knowledge of the CCB in the Truth and Reconciliation commission hearings, and was also alluded to be involved in a syndicate which had sold fake-shares in a transportation company. He was known to the police: having been in prison for theft and robbery.

    Kevin John Trytsman, then 28, also was  granted amnesty in respect of charges of illegal possession of firearms and ammunition, vehicle theft and perjury after he applied for amnesty at the Truth and Reconciliation Commission.. He said in his amnesty application that he was found in possession of an AK-47 rifle, two magazines and a car on a farm he was renting near Knoppieslaagte. Trytsman was given a suspended sentence for possession of the firearm, a fine for the possession of the magazines and a five-year jail sentence for vehicle theft.

    • He told the Committee he had given the court false explanations for possessing the material - in fact he had been storing them on behalf of Umkhonto weSizwe. Mr Trytsman was sentenced in 1994. Motivating his application relating to the perjury charge, Mr Trytsman said that while awaiting trial on the other charges, he had been approached by one Ferdi Barnard and one Eugene Reilly regarding information about his MK commander. He had "to a certain extent" become friendly with Barnard and Reilly. Barnard had bragged to him that he had shot Dr David Webster and that Reilly had been driving him at the time. Mr Trytsman said he was called to give evidence at the inquest into Dr Webster's death but had failed to tell the inquest of Mr Barnard's statement.”
    • http://70.84.171.10/~etools/newsbrief/1997/news0416

    Geloftedag 2009

    GROOT VERWAGTINGE VAN VOLKSVERGADERINGAKSIE

    DIE PAD TOT HIER TOE

     

    Boere Afrikaner Vryheidsinisiatief 2009 By die volksvergadering 25 – 27 September te Vegkop naby Heilbron, is ‘n groot stap vorentoe op die Boere-Afrikaners se vryheidsinisiatief geneem. Vir die eerste keer sedert 1994, was 400 volksgenote bereid om die opoffering te doen om vanoor die hele land saam te kom om vir drie dae lank met mekaar oor die herstel van die vryheid van ons volk te praat. Dit is van groot betekenis. Mense het gekom van Kaapstad tot Louis Trichardt en van Springbok tot Durban.  Die vergadering was gereël deur ‘n verkose komitee, die Volksvergadering Reëlingskomitee (VVR). 

    http://www.vryheidenreg.com

    · Alhoewel al die aanwesiges in Vegkop nie almal as amptelike verteenwoordigers van organisasies opgetree het nie, was mense uit verskillende politieke, kulturele en kerklike groeperinge by die vergadering. Sprekers uit die verskillende groeperinge kon hulle sieninge oor die herstel van ons vryheid en die aksies waarmee hulle besig is, met ons deel. Dit het die basis gelê vir die toekomstige sinkronisasie van vryheidsaksies.

    · Die wyse waarop die vergadering saamgestel was, verleen legitimiteit daaraan. Alle media tot die beskikking van die VVR is gebruik om die vergadering so wyd moontlik bekend te stel en is ‘n paar honderd duisend mense waarskynlik op dié wyse bereik. Daar is bloedweinig volksgenote vir wie vryheid belangrik is wat nie van die vergadering geweet het nie.

    Die demokrasie het geseëvier

    Vegklop Vierkleur Die metodiek vir die reëlings van die vergadering het die geleentheid vir oop en onbelemmerde debatvoering geskep. Daar was geen hoë-profiel sprekers wat die vergadering in ‘n bepaalde, voorafbepaalde rigting kon stuur nie. Volksgenote kon vrylik aan die gesprekvoering deelneem en oor die drie dae het ± 80 persone dit gedoen. Ons by die BVI is oortuig dat die besluite van die vergadering, vanweë die wyse waarop dit saamgestel en gereël is, ‘n getroue weerspieëling is van die wense en sieninge van die vryheidstrewende gedeelte van ons volk.

    · Besluite by die vergadering is nie op ‘n oppervlakkige wyse geneem nie, maar slegs na deeglike prinsipieël- en feitegegronde debatvoering. Daar is gepraat oor die noodsaaklikheid van vryheid, die regverdigbaarheid van vryheid en die haalbaarheid daarvan. Uiteindelik het die vergadering ‘n beginselbesluit geneem dat ons weer ‘n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering moet word en dat aksies in werking gestel moet word om dit te verwesenlik.

    · Die vergadering het ‘n aantal besluite geneem en ‘n paar mosies aangeneem. Dit is reeds per e-pos aan die meeste lesers van die Vryheidsbulletin gestuur, maar diegene wat dit nog nie gelees het nie of weer wil lees, kan dit lees op www.volksvergadering.co.za onder die Geloftevolk Koördineringskomitee. Sover dit ons vryheidstrewe betref, is daar besluite geneem wat onmiddellike en konkrete aksies verg, naamlik:

    - Die bekendmaking van die besluite van die vergadering aan die volk.

    - Die totstandbringing van ‘n volksdatabasis met die oog op doeltreffende onderlinge kommunikasie.

    - Die reëling van ‘n volksverootmoedigingsaksie.

    - Die reëling van ‘n volgende volksvergadering.

    · ‘n Komitee is tydens die vergadering aangewys om die besluite van die vergadering uit te voer. Sedert die vergadering is nog persone op die komitee gekoöpteer. Die volledige lys van komiteelede met hulle kontakbesonderhede is op die genoemde webtuiste geplaas.

    As gevolg van misleidende berigte in die media is dit nodig om te sê dat die komitee nie ‘n gesagsliggaam is nie. Dit het ook nie ‘n mandaat om besluite te neem en ondernemings aan te pak wat nie aan hom deur die volksvergadering opgedra is nie. Dis ‘n ad hoc komitee wat die besluite van die volksvergadering moet uitvoer en aan ‘n volgende volksvergadering daaroor moet rapporteer. Sodanige vergadering, as dit ons Hemelse Vader behaag dat dit gehou moet word, sal dan aan die komitee verdere opdragte kan gee of ‘n ander komitee aanwys om sy besluite uit te voer.

    Die dagbestuur van die BVI betuig hiermee sy waardering teenoor elkeen wat die volksvergadering bygewoon en andersinds gehelp het om van die volksvergadering ‘n sukses te maak en buig in dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader, wie se seën op die vergadering gerus het. Ons kan onsself volkome vereenselwig met die Psalmis wanneer hy sê: “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié wat daaraan bou.”

    Soos reeds gesê, is daar met die hou van die vergadering ‘n groot stap vorentoe op ons volk se vryheidspad gegee. In ‘n verklaring wat die VVR ná die vergadering uitgereik het, is die betekenis van die vergadering soos volg saamgevat:

    • “Die besluite is ingrypend en verreikend van aard. In beginsel lê dit die grondslag vir ‘n onvermydellike skeiding van ons volk se weë met dié van die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika, ‘n geestelike trek na algehele vryheid en die volkome plasing van ons lotgevalle in die hande van God, soos ons voorouers by Vegkop, Bloedrivier en Majuba gedoen het. Die besluite sal egter eers konkrete gestalte in ons volkslewe kry as volksgenote oor n breë front dit hulle eie maak, positief in hulle harte omhels en dit aktief bevorder.

    GELOFTEVOLK KOM IN BEWEGING

    Of die gebeure tydens die volksvergadering ‘n rol gaan speel in die vorming van ons toekoms en die uiteindelike verwerwing van ons vryheid, sal bepaal word deur die mate waarin die volk self by die uitvoering van die besluite betrokke gaan raak en die offers wat hulle bereid sal wees om daarvoor te bring.

    Die eerste vergadering van die Geloftevolk Koördineringskomitee het oor die naweek van 27 – 29 November plaasgevind. Daar is besluit welke aksies geneem moet word om die besluite van die volksvergadering uit te voer. Na die vergadering is die volgende verklaring onder die opskrif, Geloftevolk kom in beweging uitgereik:

    “Die Geloftevolk Koördineringskomitee (GKK) het oor die naweek van 27 – 29 November 2009 in Bloemfontein vergader. Die komitee is tydens die volksvergadering wat aan die einde van September by Vegkop gehou is, aangewys om die besluite van die volksvergadering uit te voer. Tydens die naweek se vergadering het die komitee hom onherroeplik verbind tot die sentrale standpuntinname van die volksvergadering naamlik dat die Geloftevolk weer ‘n vrye volk in sy eie land onder sy eie regering moet word.

    Die volgende posisies is ingeneem en aksies in die vooruitsig gestel deur die vergadering:

    · Die komitee erken ons volk se afhanklikheid vir die herwinning van ons vryheid van die Lewende God, dieselfde God wat die eer moet ontvang vir die oorwinnings by Vegkop, Bloedrivier en Majuba. Die hoofdoel van vryheid is om weer ‘n volkshuishouding tot Sy eer daar te stel.

    · Die komitee erken terselfdertyd ons volk se staat van sondigheid en afvalligheid van God en besef die noodsaaklikheid van verootmoediging voor Hom. Met die oog op gekoödineerde reëlings daarvoor sal daar geskakel word met instansies wat reeds sodanige inisiatiewe begin het. In hierdie verband word volksgenote herinner aan ons plig tot nakoming van die volksgeloftes en die komitee wil hulle aanmoedig om moeite te doen om Geloftefeeste op 16 Desember hierdie jaar by te woon.

    · Die komitee is gegrief deur die misbruik van die Bloedrivier-,Voortrekker- en ander volksmonumente vir doeleindes waarvoor dit nie opgerig is nie en ‘n ondersoek in verband daarmee sal onderneem word met die oog op gepaste optrede.

    · Die komitee ag dit noodsaaklik dat die vryheidsideaal tot op grondvlak in die harte van volksgenote ingedra word. Elke volksgenoot tot op die kleinste dorpie en op elke plaas in Suid-Afrika moet met hierdie boodskap bereik word. Met die oog daarop is ‘n omvattende inligtingsaksie geloods wat sal bekend staan as Operasie Volksgesprek en ‘n kommunikasiekomitee is aangewys om dit te inisiëer. Vir die welslae van die aksie is ons egter aangewese op die ondersteuning van goedgesinde individue, organisasies en media. Die komitee sal mettertyd met sodanige persone en instansies in verbinding tree en spreek sy waardering uit vir die ondersteuning wat reeds met die reëlings van die volksvergadering ontvang is.

    · Met die oog op omvattende kommunikasie met die volk is daar besluit dat die komitee sy eie selfstandige databasis van volksgenote moet hê en almal wat belangstel om die inligtingsmateriaal van die GKK te ontvang, kan daarvoor registreer op http://www.volksvergadering.co.za. onder Geloftevolk Koördineringskomitee.

    · Ten einde volksbetrokkenheid by die vryheidstryd te verbreed, word ‘n volgende volksvergadeing vir die naweek van 8-10 Oktober 2010 DV in die vooruitsig gestel. Die presiese vergaderplek en ander besonderhede sal mettertyd bekend gemaak word, maar volksgenote word versoek om nou reeds die datum te reserveer.

    · Die komitee het ‘n beleid oor ander volksorganisasies geformuleer. Daar word gestreef na goeie en opbouende verhoudinge met die oog op die bevordering van die vryheidsideaal. Vir die GKK is dit egter belangrik om sy algehele onafhanklikheid te behou. Terselfdertyd gun hy alle ander organisasies hulle eie identiteit en die selfstandige nastrewing van hulle eie doelstellings.”

    Vir die lede van die GKK was die naweek se vergadering ‘n verrykende en verdiepende belewenis en ‘n hegte eenheid is tussen lede gevorm. Die komitee is ongekompromiteerd daartoe verbind om die vryheidsvisie met die hulp van God en die ondersteuning van mede-volksgenote te verwesenlik, hoe moeilik dit ookal mag wees en hoe lank dit ookal mag neem en is vasbeslote om enige pogings om dit te belemmer met alle beskikbare kragte teen te staan. Daarvoor put ons inspirasie uit die woorde van die 18de eeuse denker George Byron: Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van die vader bloeiend deur die seun geërf, en die stryd sal altyd gewen word, hoe moeilik ookal.

    Tot sover die mediavrystelling. Ons by die BVI is baie dankbaar oor die vordering wat gemaak is, ons gee al die eer daarvoor aan ons Hemelse Vader en ons sien daarna uit om betrokke te raak by die aksies wat uit die volksvergadering gaan voortvloei.

    

    BOEREGROND VIR DIE BOEREVOLK

    BVI se stryd teen grondaanslag ontstig Die Burger se adjunk-redakteur:

    Gedurende die afgelope aantal jare het ons gereeld in die Vryheidsbulletin inligting verskaf oor die BVI se aksies om die aanslag op Boeregrond teen te staan. In die laaste paar uitgawes het ons berig oor ons pogings om Agri SA te beweeg om aan die grondhervormingsproses te onttrek. In die jongste uitgawe het ons ons lesers aangemoedig om, deur middel van die verskaffing van inligting, gewone agrariërslede van Agri SA te beweeg om die beleidsprosesse in die organisasie te gebruik om op die hoogste vlak ‘n openbare prinsipiële uitsprake teen grondhervorming te kry en onder die opskrif ‘Neutraliseer die negatiewe invloed van leiers’  het ons soos volg geskryf:

    • Die aksies moet egter nie net tot gewone boere beperk word nie; dit moet ook op die leierskorps gerig wees. Indien enige landbouleier in die Agri-SA-stal (of enige ander prominente persoon) homself in die openbaar ten gunste van grondhervorming uitlaat, moet daar ‘n stortvloed van briewe en telefoonoproepe in protes daarteen op homself en op die landboutydskrifte en koerante neerreën. As so’n persoon die boodskap kry dat daar wydverspreide teenkanting teen sy siening is, sal hy nie maklik weer in die openbaar enige uitsprake ten gunste van grondhervorming maak nie en so kan die negatiewe en afbrekende invloed wat leiers op gewone boere het, geneutraliseer word.”

    Hierdie voorstel van ons het die adjunk-redakteur van Die Burger mnr Willem Jordaan, sodanig ontstig dat hy dit gepas geag het om ‘n redaksionele artikel teen ons te skryf. Op 15 Oktober skryf hy: “Benewens hul voorliefde vir onverdunde rassisme, voer die betrokkenes nie alleen teen die regering ‘n veldtog nie, maar ook teen die goeie werk wat organisasies soos Agri SA doen om grondhervorming op ‘n ordelike en deurdagte manier te laat geskied. Só lui ‘n oproep in een van die organisasie se dokumente wat onder boere versprei is. ‘Indien enige landbouleier in die Agri SA-stal (of enige ander prominente persoon) homself in die openbaar ten gunste van grondhervorming uitlaat, moet daar ‘n stortvloed van briewe en telefoonoproepe in protes daarteen op homself en op die landboutydskrifte en koerante neerreën.’ Suid-Afrika en die landbougemeenskap moet beslis nie toelaat dat sulke destruktiewe optrede deurdagte grondhervorming ontspoor nie.”

    Ons antwoord: “grondhervorming is ‘n uit-en-uit etniese suiwering” :

    • Die grondhervormingsproses het in ‘n algehele wanordelike en destruktiewe proses ontaard en die volgehoue berigte daaroor in u eie koerant getuig daarvan. Daar is geen staatkundige, ekonomiese, morele of humanitêre logika daarin nie en is in sy diepste wese ‘n etniese aanslag wat daarop gerig is om die Afrikanervolk van sy erfgrond te verdryf. Dit oorskrei die grense van alle redelike denke dat die leiers van Agri SA, as mense wat veronderstel is om Afrikanerboere se belange te beskerm by die bevordering van die proses betrokke kan wees. Daarom moedig die BVI gewone Afrikaners aan om hulle deel te doen om vir Agri SA te beweeg om hulleself te onttrek aan hierdie bedenklike ANC-agenda wat net op ellende vir ons volk kan uitloop.”

    Indien u meer wil weet van die BVI kan u vryheidenreg.com besoek. Daarna behoort u só gerus te voel oor die BVI dat u u bekommerde leser kan laat weet dat hy ook nie nodig het om die geringste slaap oor die BVI te verloor nie! Ons by die BVI is nie brekers nie. Ons steek nie mense aan die brand, vermoor nie boere en hulle gesinne op ‘n wreedaardige wyse nie en vernietig nie plase wat oor geslagte heen met groot inspanning opgebou is nie. Ons strewe is om te bou en te behou, soos ons by ons voorouers geleer het. Maar net so terloops, wat is vir u so snaaks omtrent die naam Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief dat u daaroor aan die lag wil gaan?”

    In sy antwoord hierop het Jordaan aanbeveel dat ons aan die Briewekolom van Die Burger skryf en in die brief wat geplaas is, het ons soos volg oor die BVI geskryf: “Ons by die BVI is nie brekers nie; ons is bouers en behouers. Ons sit die tradisie van konstruktiewe bouwerk voort wat ons voorouers oor meer as 350 jaar gevestig het. Daarom is ons betrokke by die stryd teen grondhervorming, wat in wese ‘n etniese aanslag is om ons volk van ons duurgekoopte erfgrond te beroof. Ons werk vir die behoud van Boeregrond vir die Boerevolk, want dis ons verantwoordelikheid ingevolge die Gelofte van Bloedrivier om aan ‘n toekoms vir ons nageslag te bou.”

    

    GELOFTEFEES, FRASERBURG, 15 & 16 DESEMBER

    • U word hartlik uitgenooi na die herdenking en herbevestiging van ons begeerte tot die nakoming van die Bloedriviergelofte. Dit word gehou in die CVO-koshuis op Fraserburg en die verrigtinge sal DV soos volg wees:
    • Dinsdag 15 Desember 2009 – Begin 17:00
    • - Kultuurprogram bestaande uit sang, voordrag en Gelofte aflegging
    • - Spreker: Mnr Bouwe van der Eems (Voorsitter van die Vereniging vir Tuis-onderrig asook trustee van Pestalozzi Trust)
    • Woensdag 16 Desember 2009 – Begin 10:30
    • - Geloftediens gelei deur Ds Pieter Cronje
    • - Gelofte aflegging
    • - Klipstapeling
    • - Ligte ete
    • Gratis slaapplek by CVO-koshuis kan gereël word. Dit sal waardeer word indien u ons sal kontak in verband met bywoning vir die voorbereiding van etes asook slaapplek waar nodig. Kontak Debbie Lubbe gedurende kantoorure by 023 – 741 1243 / 023 – 741 1966 of e-pos cvofraser02@telkomsa.net

    Ps.50:14 Offer dank aan God en betaal jou Geloftes aan die Allerhoogste

    

    GROOT GELOFTEFEES BY KAFFERSKRAAL

    ‘n Groot Geloftefees word DV vanaf Saterdag 12 Desember tot Woensdag 16 Desember by die Kafferskraal feesterrein naby Heidelberg in Transvaal gehou. Ons het die volgende program van die organiseerders ontvang:

    • Saterdag 12 Desember 2009
    • 07:00 Laer trek vanaf Heidelberg en Meyerton
    • Feesterrein se hek word geopen deur laer-kommandant Nick Terreblanche
    • 18:00 Verwelkoming aan besoekers en voorlees van kampreëls deur laer- kommandant
    • 19:00 Speletjies: Wegkruipertjie en lantern-bekruip
    • Bring en braai en samesang om die braaivleisvure
    • Sondag 13 Desember 2009
    • 09:00 Sondagdiens gelei deur Gustav Muller
    • 11:00 Die oopmaak van die reuse Vierkleur-vlag
    • 11:30 Suikerbosrand Natuurbewaring neem besoekers deurreservaat
    • 17:30 Vlugbalkompetisie
    • 19:00 Samesang van Psalms en Gesange in die saal
    • Maandag 14 Desember 2009
    • 08:00 Dag word begin met Skriflesing en Gebed, samesang gelei deur J Slabbert
    • 09:00 Boeresport begin: Vroteier gooi,Waterballon vang, Bokdrol spoeg,,Toutrek en vele meer
    • 12:00 Ete
    • 14:00 Waterkaskenades
    • 18:00 Talentkompetisie in saal, kies van Meneer en Mejuffrou Kafferskraal
    • Dinsdag 15 Desember 2009
    • 08:00 Dag word begin met Skriflesing en Gebed. Samesang gelei deur J Slabbert
    • 09:00 Natuuruitstappie
    • 12:00 Ete
    • 14:00 Verfbalkompetisie
    • 18:00 Die geskiedenis van die Gelofte van Bloedrivier in die saal. Ouers en kinders welkom
    • Woensdag 16 Desember 2009
    • 10:00 Geloftediens in saal gelei deur Ds Danie Snyman
    • Gemmerbier in ou saal na Geloftediens
    • Georganiseerde ontspanning
    • Kerrie en rys en boereworsrolle asook koeldranke word te koop aangebied vir besoekers
    • 11:00 Die Suikerbosrand Natuurbewaring neem besoekers deur die reservaat
    • 18:00 Aanddiens gelei deur Pastoor Joseph Slabbert
    • Vir navrae kan mnr Nick Terblanche by 083 – 490 7551 geskakel word.

    

    AFRIKANERKULTUURDAGBOEK 2010

    WANT ONS ONTHOU

    • · ‘n Dag-tot-dag oorsig oor die Afrikanertaal, - geskiedenis, -godsdiens & –kuns
    • · 2009-inligting in geheel hersien en aangevul deur die bekende geskiedkundige, dr P Möller
    • · 224 bladsye (4 bladsye per week): handtekeninge, foto’s aanhalings, staaltjies
    • · Christelike & Afrikanerkultuurherdenkingsdae asook openbare vakansiedae
    • · BCVO-skoolkwartale en openbare skoolkwartale
    • · Ook te kry by Woord- & Klankwinkel, Radio Pretoria (012 543 0123) en kan per hand by CVO-Skool Pretoria afgehaal word (012 8090127)
    • · Posbestellings: Afrikanerkultuurreeks, ABSA-rekening 918 922 1833, takkode: 632005, verwysing: U naam. Koste R85.00 elk plus R23.00 posgeld per pakkie met 1 – 3 boeke daarin; faks/e-pos u besonderhede aan 086 575 4214 / inge.leroux@absamail.co.za
    • · Navrae: Kontak Inge le Roux, 083 453 5400