Pages

20090907

Unreported farm murder: Gerrit Steenkamp, Bothaville

 

‘Censorbugbear-reports’ member Coert Botha, who now lives in Australia,  sent us the following information on a hitherto unreported, gruesome farm murder of a friend of his. All the Afrikaans-language court reports below about the following trial of two black men were written by journalist Tom de Wet and obtained from the archives of Volksblad newspaper in Bloemfontein.

19970813 Gerrit “GAP”Steenkamp, Middelbult farm, Bothaville, murdered for muti

Scannen0001 Sept 26 1998 - Two black men, James Ntulwane, 30 and Clement Ratselane, 24,  were convicted of murdering and mutilating the unmarried Afrikaans farmer Gerrit Steenkamp, 39, left, on his Bothaville farm on 13 August 1997 after abducting him from his maize-harvester. Steenkamp had spent all day harvesting maize. The men were sentenced to life-imprisonment.

Steenkamp, a gifted musician who obtained a master’s degree in music at the University of the Free State before he went to run the family farm fulltime after the death of his father, was a nephew of Mrs Wilma Swanepoel, on whose Bothaville farm at around the same time two armed attackers had also been shot dead and five more arrested by a police- and farm-security patrol who had been alerted in time to thwart an armed farm attack by this huge gang.

Extensive forensic evidence was presented by senor superintendent Helena Ras, forensic-analyst at the police forensic science laboratory, that hair-samples found on the scene matched 22 morphological identity points belonging to that of the accused murderers, who consistently denied killing him and removing his foreskin and left-testicle for sale as ‘traditional medicine’ (‘muti”) .

The two suspects claimed throughout their trial that all the evidence against them had been fabricated, including the fact that shoes belonging to the accused at the time of their arrest, had closely matched foot-tracks at the scene of the crime, and which were followed by SAPS inspector Nicolaas de Kock and sergeant David Silas, an Ovambo tracker, matching the soles of the shoes worn by Ntulwane, of of the two accused at the time of their arrests.

Sergeant  Dirk Steyn, investigating officer, testified that on the morning of 14 August, he had tracked three sets of human footsteps – with Steenkamp clearly walking in between two other men – from Steenkamp’s farm vehicle to a barn on a neighbouring farm, ‘where there had clearly been a struggle,’ he testified. The tracks then were followed to workers’ houses on another farm, where Ntulwane, wearing matched shoes, was arrested. Steyn testified that ‘after hearing reports that Ratselane, 24 was involved in ‘witchcraft,materials.’ Usually, human tissue harvested for witchcraft were handed over to older people in the tribe, and the tissue was never found back, he told the court.

Ratselane, a former worker of Steenkamp’s, was arrested on another farm with a ‘large plastic bag filled with the farmer’s hair’ in his possession, mixed in with tribal medicine.

  • A woman there also identified Steenkamp’s bank-card as having been in Ratselane’s possession, which she picked up after the witchdoctor had discarded it. Steenkamp’s own wallet with about R200 ($20) and two bunches of keys, were never found.

Dr. Etienne Swart, district surgeon, testified that from all the forensic indications, it was evident that Steenkamp had after his abduction after a day of maize-harvesting, the farmer had been forced to climb through a hole in the wooden floor of the vacant farm house while he was alive – and then bashed with ‘something similar to a brick’ under the chin which had broken his neck and chin. His sexual organs were mutilated afterwards and more than likely sold for use in ‘traditional medicine’, usually the younger man doing the harvesting, would have sold the tissue to an older person in the tribe.

FARM NOW LIES FALLOW, UNUSED; 70 FARM FAMILIES LOST INCOME:

Mr Botha, who also was a gifted musician, had 70 workers living on his farm with their families. All lost their jobs and had to move away from the farm because his mother, Martha, was unable to manage the farm by herself, and moved to town. He farmed with livestock, sheep and seed-crops.

  • Ever since that time, the farm has remained fallow and unoccupied, reports Mr Botha, because ‘everyone is too scared to live in the homestead’ after the witchcraft-murder’. One of the two murderers has since died of AIDS in prison, reports Mr Botha, who emigrated to Australia after the murder.

The two murderers were sentenced to life in prison ‘because these hardened, vengeful and heartless people are not  susceptible to rehabiliation’, said Judge G van Coppenhagen of the Virginia High Court in his summary.

Below are the reports as archived by the Volksblad newspaper in Bloemfontein concerning this case, in Afrikaans:

Haarmonsters stem ooreen, hoor hof in moordverhoor

Tom de Wet Volksblad September 9 1998 - VIRGINIA. - Die morfologiese eienskappe van 'n haarmonster van mnr. Gerrit Steenkamp (39), bekende boer en begaafde musikus van Bothaville wat vermoedelik vir muti vermoor is, kom presies ooreen met dié van 'n ander haarmonster wat by die Polisie se forensiese wetenskaplaboratorium in Pretoria getoets is. Getuienis oor waar dié tweede haarmonster deur die Polisie gekry is, is egter nog nie in die verhoor van mnre. James Ntulwane (30) en Clement Ratselane (24) gelewer nie. Die een haarmonster is ten tyde van die lykskouing geneem. Die beskuldigdes ontken skuld op die aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en lykskending. Steenkamp se lyk is die oggend van 14 Augustus 1997 in 'n gat in die vloerplanke van 'n vervalle huis op 'n buurplaas gekry. Sy nekwerwels, onderkaak en tande was gebreek. Dele van die vel van sy geslagdele was afgesny en verwyder, en sy linkertestikel was ook verwyder. Sr.supt. Helena Ras, 'n beheer- forensiese-analis van die wetenskaplaboratorium, het gister voor regter G. van Coppenhagen getuig 'n toets van 22 morfologiese eienskappe is op die twee haarmonsters gedoen. Dit het net verskil rakende die lengte en gerektheid daarvan. Sy het getuig dié toetse is 99,98% korrek. Insp. Nicolaas de Kock, bevelvoerder van die Polisie se spoorsny-eenheid, en sers. David Silas, 'n Ovambo-spoorsnyer, het getuig die sole van die twee pare skoene wat as bewystukke by die hof ingedien is, kom ooreen met die afdrukke van spore in die sand wat hulle die dag van Steenkamp se moord van die plaas af gevolg het. Ntulwane het een van dié pare skoene aangehad toe hy in hegtenis geneem is.  Die verhoor word deur boere van verskeie distrikboere-unies bygewoon.

Archives:

Hof hoor van vermoorde se laaste ure
Plaasaanval by Bothaville

Tom de Wet 8 September 1998
VIRGINIA. Getuienis oor wat 'n bekende boer en begaafde musikus waarskynlik moes deurmaak in die ure voordat hy op 'n plaas buite Bothaville vermoor, en hoe sy liggaam daarna geskend is terwyl sy ma daar naby in hul huis vir hom gesit en wag het, is gister hier in die Hooggeregshof gelewer. Die vermeende moordenaars van mnr. Gerrit Steenkamp (39) van die plaas Middelbult, mnre. James Ntulwane (30) en Clement Ratselane (24), ontken skuld op die aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en lykskending.  Dr. Etienne Swart, distrikgeneesheer, het getuig Steenkamp is waarskynlik gedwing om in 'n gat in die plankvloer van 'n vervalle huis op 'n buurplaas te klim terwyl hy nog gelewe het.  Swart het getuig Steenkamp is daarna moontlik met 'n voorwerp soortgelyk aan 'n baksteen onder die ken geslaan. Dié hou sou soortgelyk aan 'n kriekethou kon wees. Dit het Steenkamp se nekwerwels gebreek en sy dood veroorsaak. Sy kakebeen en tande is ook deur die hou gebreek. Daarna is dele van die vel van sy geslagsdele afgesny en verwyder, en sy linkertestikel is ook verwyder. n Stuk draad wat moontlik die beserings aan sy polse kon veroorsaak het, is as bewysstuk by die hof ingedien.  Mev. Martha Steenkamp, sy ma, het voor regter G. van Coppenhagen getuig sy het die aand van 13 Augustus 1997 vir hom gesit en wag terwyl hy besig was om mielies te stroop. Hy het nooit huis toe gekom nie en 'n soektog is in die nag begin.  Die Marnet-radio het twee keer aangeskakel asof iemand wou roep, maar niemand het geantwoord toe sy dit optel nie.  Sy het die volgende oggend daarop aangedring om haar seun te sien waar sy lyk in die huis op 'n buurplaas gekry is. Sy het getuig sy moes ná sy dood en 45 jaar op die plaas dorp toe trek omdat sy vrou-alleen nie die boerdery kon hanteer nie.  Sers. Dirk Steyn het getuig hy het die oggend van 14 Augustus drie rye voetspore, waarvan die middelste Steenkamp s'n was, van Steenkamp se vragmotor en bakkie by die skuur tot op die buurplaas gevolg waar hy die lyk gekry het. By die skuur was tekens van 'n worsteling, en ook langs die pad waar die spore geloop het. Die spore is daarvandaan tot by werkerhuise op 'n ander plaas gevolg. Ntulwane is daar in hegtenis geneem. Ratselane, wat vroeër vir Steenkamp gewerk het, is op 'n ander plaas in hegtenis geneem. Steenkamp se bankkaart, wat in sy beursie was, is deur 'n vrou op dié plaas opgetel. Die beursie met sowat R200 en twee bosse sleutels is nooit gekry nie. Adv. Marina Voges kla aan en advv. Kenny Pretorius en Dirk Kotzé verskyn pro Deo namens die beskuldigdes. Steenkamp het sy meestersgraad in Musiek aan die Vrystaatse Universiteit voltooi voordat hy ná sy pa se dood heeltyds op die familieplaas gaan boer het. Hy was ongetroud. Hy was die neef van mev. Wilma Swanepoel op wie se plaas buite Bothaville verlede week twee mans deur die Polisie en boere doodgeskiet en vyf in hegtenis geneem is nadat 'n plaasaanval gefnuik is.

 

Hare van vermoorde boer by verdagte gekry, hoor hof (Berig verskyn 10 September 1998)

Tom de Wet

VIRGINIA. - 'n Plastieksakkie met 'n groot bos hare, volgens getuienis dié van mnr. Gerrit Steenkamp (39), bekende "boer" en begaafde musikus van Bothaville wat vermoedelik vir muti vermoor is, is in 'n ou rugsak tussen hoenderpote, kruie en wortels in die slaapkamer van een van sy vermeende moordenaars gekry. Sers. Sarel Steyn, ondersoek beampte, het gister voor regter G. van Coppenhagen getuig hy het die dag wat Steenkamp se lyk in 'n gat in vloerplanke van 'n vervalle huis op die buurplaas gekry is, voetspore van die moordtoneel af laat volg.  Dit het hom gelei na die huis van mnr. Clement Ratselane (24), wat vroeër vir Steenkamp gewerk het. Ratselane het eers 'n leuen vertel oor watter kamer in die huis syne is, maar sy ma het die regte kamer uitgewys. ``Ek het inligting gekry dat hy by toordery betrokke was. Nadat ek op sy klere en skoene beslag gelê het, het ek hom gevra waar sy medisyne is. ``Hy het die ou weermagsak by die bed se voetenent aan my uitgewys. In die sak was die plastieksak met hare tussen hoenderpote, kruie en wortels.'' Sr.supt. Helena Ras, 'n beheer-forensiese-analis van die Polisie se wetenskaplaboratorium, het reeds getuig dié sakkie met hare is vergelyk met 'n monster van Steenkamp se hare wat ten tyde van die lykskouing geneem is. Dit kom van dieselfde mens. Ratselane en die medebeskuldigde, mnr. James Ntulwane (30), ontken skuld op die aanklagte van moord, roof met verwarende omstandighede en lykskending. Steenkamp se lyk is die oggend van 14 Augustus 1997 gekry nadat hy nie die vorige nag huis toe gekom het nie. Hy was die hele dag besig om mielies te stroop. Sy nekwerwels, onderkaak en tande was gebreek. Dele van die vel van sy geslagsdele en sy linkertestikel was verwyder. Sers. Gustav Thompson, hondegeleider van die Polisie in Welkom, het getuig hy het gipsafdrukke van twee verskillende voetspore op die plaas gemaak. Die sole van twee pare skoene wat later aan hom oorhandig is, kom presies ooreen met die gipsafdrukke. Vroëer is reeds getuig Ntulwane het een van dié pare skoene aangehad toe hy in hegtenis geneem is. Die ander paar was in Ratselane se huis.
plaasmoorde

 

Menslike weefsel van boer nooit gekry nie

Tom de Wet September 11 2009

VIRGINIA. Hoewel 'n bos hare van mnr. Gerrit Steenkamp (39), bekende boeren begaafde musikus van Bothaville wat vermoedelik vir muti vermoor is, by een van sy vermeende moordenaars gekry is, is die menslike weefsel wat ten tyde van sy moord verwyder is nooit gekry nie. Dit was waarskynlik soos gebruiklik reeds aan 'n ouer mens oorhandig teen die tyd toe die Polisie toegeslaan het, het sers. Sarel Steyn, ondersoekbeampte, gister voor regter G. van Coppenhagen getuig. Steyn het by navraag gehoor dat menslike weefsel wat vir muti-doeleindes gevat word dadelik aan 'n ouer mens oorhandig word. Die beskuldigde by wie die hare gekry is, mnr. Clement Ratselane, was net 24 jaar oud.  Ratselane en die medebeskuldigde, mnr. James Ntulwane (30), ontken skuld op die aanklagte van moord, roof met verwarende omstandighede en lykskending. Steenkamp se lyk is die oggend van 14 Augustus 1997 in 'n gat in die stukkende plankvloer van 'n buurplaas gekry nadat hy nie die vorige nag terug huis toe gekom het nie. Hy het die hele dag lank mielies gestroop. Sy nekwerwels, onderkaak en tande was gebreek. Dele van die vel van sy geslagdele was afgesny en verwyder, en sy linkertestikel was ook verwyder. Steyn het gister getuig 'n stompie van 'n sigaret wat tussen Steenkamp se bene in die gat gekry is, het met 'n stompie van 'n sigaret wat hy Ntulwane later gesien rook het, ooreengekom. Ratselane het gister getuig die ou weermagsak met die hoenderpote, kruie en wortels waarin die sakkie met hare volgens getuienis gekry is, het aan sy pa, 'n toordokter wat reeds jare lank dood is, behoort. Hy het ontken dat hy iets met toordery te doene het of iets van die hare weet. Hy het getuig hy het die hare die eerste keer in 'n polisieman se hande gesien toe die Polisie sy kamer deursoek het.  Albei beskuldigdes het gister getuig dat hul skoene, wat as bewysstukke by die hof ingedien is, heelwat verander het sedert dit die dag ná die moord deur die Polisie by hulle afgeneem is. Ratselane het aangevoer dat iemand met sy skoene moes geloop het om die sole in so 'n toestand te kry. Ntulwane het aangevoer dat iemand sy skoensole afgeskuur het sodat dit met die gipsafdrukke, wat op die plaas geneem is, ooreen kan stem. Ntulwane het getuig hy is deur die Polisie gedwing is om die sigaret te rook waarvan die stompie toe deur hulle opgetel is. Die advokate sal vandag betoog en uitspraak kan dalk ook vandag gelewer word.

 

`Boer is vermoor om sy liggaamsdele te kry'

Tom de Wet September 12 2009

VIRGINIA. Mnr. Gerrit Steenkamp (39), bekende boer en begaafde musikus van Bothaville, is klaarblyklik vermoor juis om sekere van sy liggaamsdele vir muti in die hande te kry. Die tweede, en minder waarskynlike moontlikheid, is dat sy moord bloot inherente boosheid van sy moordenaars was, en sy lyk geskend is net om 'n stelling te maak. Dit was gister hier in die Hooggeregshof die betoog van adv. Marina Voges in die verhoor van mnre. Clement Ratselane en James Ntulwane wat van Steenkamp se moord, roof met verswarende omstandighede en lykskending aangekla word.  Steenkamp se lyk is die oggend van 14 Augustus 1997 in 'n gat in die stukkende plankvloer van 'n huis op 'n buurplaas gekry. nadat hy nie die vorige nag terug huis toe gekom het nie. Hy het die hele dag mielies gestroop. Sy nekwerwels, onderkaak en tande was gebreek. Dele van die vel van sy geslagsdele was afgesny en verwyder, en sy linkertestikel was ook verwyder. Getuienis is gelewer dat 'n bos van sy hare in 'n sak tussen hoenderpote, kruie en wortels in Ratselane se huis gekry is. Voges het betoog dat die mans aan al drie aanklagte teen hulle skuldig bevind moet word. Advv. Dirk Kotze en Kenny Pretorius, vir die beskuldigdes, het betoog dat die staat nie sy saak sonder enige twyfel kon bewys nie. Regter G. van Coppenhagen sal op 23 September uitspraak lewer.

Muti-moordenaars kry lewenslange tronkstraf : `Wreedaardige en genadelose mense wat nie vatbaar vir rehabilitasie is'

(Berig verskyn 26 September 1998)

Tom de Wet

VIRGINIA. Die muti-moordenaars van mnr. Gerrit Steenkamp, bekende boer en begaafde musikus van Bothaville, het hom doelgerig en as 'n oormag koelbloedig en genadeloos doodgemaak. Hulle was deur sataniese en barbaarse motiewe geïnspireer om die daad te pleeg. Dit was gister hier in die Hooggeregshof die sterk bewoorde uitspraak van regter G. van Coppenhagen toe hy dié twee mans weens die grusame moord lewenslank tronk toe gestuur het.  Die vier jaar tronkstraf vir roof en die twee jaar vir lykskending wat hy hulle ook opgelê het, sal samelopend met die lewenslange tronkstraf uitgedien word. Van Coppenhagen het ook aanbeveel dat die moordenaars nie vrygelaat mag word nie voordat hulle minstens 25 jaar uitgedien het. ``Dat moord in Suid-Afrika hoogty vier, is geen oorbeklemtoning van feite nie. Vonnisse wat deur howe opgelê word, het skynbaar geen effek meer op die misdaadpleging nie. Vonnisse word so verwater dat dit dikwels die skyn van minagting vir howe wek. Die gewone, hardwerkende en gehoorsame meerderheid landsburgers is siek en sat daarvoor,'' het Van Coppenhagen gesê. Hy het die moordenaars beskryf as geharde, wreedaardige en genadelose mense, wat nie vir rehabilitasie vatbaar is nie. ``Die gesindheid van die Steenkamp-familie, wat die boosdoeners vir hul wandade vergewe het, en net dié gesindheid, kan die geweld en misdaad in SA laat afneem.'' Hy het daarna uit Romeine 13 aangehaal. ``Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want die owerheid dra die swaard nie verniet nie, want hy is die dienaar van God, 'n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.''  Steenkamp se lyk is die oggend van 14 Augustus 1997 in 'n gat in die stukkende plankvloer van 'n huis op 'n buurplaas gekry nadat hy nie die vorige nag van die lande terug huis toe gekom het nie. Sy nekwerwels, onderkaak en tande was gebreek. Dele van die vel van sy geslagdele is afgesny, en sy linkertestikel is ook verwyder.  http://www.volksblad.co.za as copied from archives by LGEYER@Volksblad.com on September 7 2009.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.